Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Samelewing

Blik op Takeshita-straat in Tokio, Japan.

'n Samelewing is 'n groep mense wat saam 'n half-geslote stelsel vorm en waarbinne interaksie tussen lede van die groep plaasvind. Hoewel mense ook saam met diere en dinge leef, staan die netwerk van verhoudinge tussen mense sentraal.

Volgens die konteks kan mens die begrip "samelewing" beperk of uitbrei vanaf minstens twee persone tot byvoorbeeld 'n gesin, kommune, stad, staat of die gemeenskap van alle mense op Aarde. Samelewings kan ook homogeen of multikultureel wees.

Sedert die vroegste tye het religieuse leiers en filosowe oor die ideale samelewing nagedink. Soms word dit in die verlede geanker (die paradys), maar soms ook in die toekoms ("'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde"). Een bekende bloudruk vir 'n ideale samelewing is Plato se Politeia (Staat), later aangevul met Nomoi (Wette). In 'n ideale samelewing heers regverdigheid, vrede en geluk vir alle mense. Dit sluit ook gewoonlik ruim vryhede vir individue en groepe in.

Die wetenskap wat samelewings bestudeer word sosiologie genoem.


Previous Page Next Page






Comunidat AN جماعة مشتركة Arabic Comunidá AST İctimaiyyət AZ Берләшмә BA Komunidad BCL Грамада BE Грамада BE-X-OLD Общност Bulgarian সম্প্রদায় Bengali/Bangla

Responsive image

Responsive image