Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.
Pseudoknoop
'n Pseudoknoop is 'n sekondêre struktuur van nukleïnsure waar ten minste twee stamlusstrukture voorkom, en waar die helfte van die een stam tussen die twee helftes van 'n ander stam geïnterkaleer is. Die pseudoknoop is in 1982 vir die eerste keer waargeneem in die raap-geelmosaïekvirus.[2] Pseudoknope vou hulself in knoopvormige driedimensionele konformasies op, maar is nie ware topologiese knope nie.
↑Chen JL, Greider CW. (2005). "Functional analysis of the pseudoknot structure in human telomerase RNA". Proc Natl Acad Sci USA102(23): 8080–5.