Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Fraktaalmeetkunde

Stappe om 'n Von Koch-kurwe te maak, 'n voorbeeld van 'n fraktaal.

Fraktaalmeetkunde of verdelingsmeetkunde is die meetkunde wat die graad van onreëlmatigheid meet van bepaalde tipes onreëlmatige vorms. Die term fraktaal word afgelei van latynse begrip fractus wat die oppervlak van 'n gebreekte steen aandui. 'n Fraktaal word gesien as 'n vorm wat geheel en al onreëlmatig is en waarvan dieselfde graad van onreëlmatigheid figureer op alle skale van waarneming. Dus 'n fraktaalvorm lyk dieselfde ongeag van hoe naby of van hoe vêr die vorm van die waarnemer is.

In effek beteken dit dat 'n waarneming van 'n gedeelte van 'n fraktaalstelsel ekwivalent is aan die waarneming van die stelsel as geheel. Fraktaalmeetkunde het getoon dat daar tog 'n patroon van orde bestaan in 'n sisteem van wanorde. Fraktaalmeetkunde het baie bygedra tot die ontwikkeling van wiskunde, stelselteorie en chaosteorie. Sedertdien is daar gevind in die natuurwetenskap en biologie dat fraktaalpatrone orals in die natuur bestaan.

Benoit Mandelbrot het die veld van fraktaalmeetkunde ontwerp gedurende die 1970's en het die term fraktaal in 1975 die lig laat sien.


Previous Page Next Page






Fraktal ALS كسيرة Arabic Fractal AST Fraktal AZ Фрактал BA Фрактал BE Фрактал Bulgarian ফ্রাক্টাল Bengali/Bangla Fraktal BS Fractal Catalan

Responsive image

Responsive image