Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Xenofobie

Xenofobie is 'n angs teenoor dinge wat vreemd of onbekend is, veral teenoor vreemdelinge. Die woord is afgelei vanaf die Griekse woorde kseenos/ξενος, wat vreemdeling beteken; en fobos/φοβος wat angs en vrees beteken. Die term word tipies gebruik om 'n vrees of angs teenoor buitelanders of mense wat anders is aan te dui.

Xenofobie kan soms gepaard gaan met rassisme en rassediskriminasie. In teenstelling met ander fobies lei xenofobie tot afwerende en selfs aggressiewe gedrag eerder as verminderingsgedrag of vlug.


Previous Page Next Page