Waterpokkies | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
Been en enkel van 'n dogtertjie met waterpokkies. | ||
ICD-10 | B01 | |
ICD-9 | 052 | |
DiseasesDB | 29118 | |
MedlinePlus | 001592 | |
eMedicine | ped/2385derm/74, emerg/367 | |
MeSH | C02.256.466.175 | |
Mediese waarskuwing |
Waterpokkies is 'n aansteeklike kindersiekte en word deur 'n virus veroorsaak. Een aanval besorg met enkele uitsonderings lewenslange immuniteit.
Die siekte lei tot 'n kenmerkende veluitslag wat klein, jeukerige blasies vorm. Dit begin gewoonlik op die bors, rug, en die gesig wat dan versprei na die res van die liggaam. Ander simptome kan koors, moegheid en hoofpyn insluit. Simptome duur gewoonlik vyf tot sewe dae.[1] Komplikasies kan soms longontsteking, ontsteking van die brein en bakteriese velinfeksies insluit.[2] Die siekte is dikwels meer ernstig by volwassenes as by kinders.[3] Simptome begin 10 tot 21 dae na blootstelling aan die virus.[4]