Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Vleis

Verskeie soorte vleis.
Vleis op die kole.
'n Rol rou boerewors.

Vleis, in sy breedste moderne definisie, is alle diereweefsel wat ten doel het om as voedsel te dien. In dié konteks verwys dit nie net na spierweefsel nie, maar sluit ook vet of nie-spier organe in, insluitend longe, lewers, tonge, vel, breine, murg en niere. Diere wat slegs vleis eet is karnivore.

In die menslike dieet het vleis 'n meer spesifieke doel. Dit is meestal vleis, of sagte weefsel, van enige dier, bestaande uit die skeletale spier en vet wat die bene bedek. Die woord vleis word egter tipies gebruik met verwysing na die vleis van lewende hawe (skape, varke, beeste, ens.), wat geteel en geslag word vir menslike inname, gewoonlik met die uitsluitsel van seekos, pluimvee, wild en insekte.

Die vleisverpakkingsbedryf hanteer die slagting, prosessering en verspreiding van vleis vir menslike gebruik in ontwikkelde lande.


Previous Page Next Page






Акәац AB Fleisch ALS ስጋ AM Carne AN لحم Arabic ܒܣܪܐ ARC لحمه ARZ মাংস AS Carne AST Wias ATJ

Responsive image

Responsive image