Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Stokperdjie

Stokperdjie: Om skulpe te versamel

'n Stokperdjie is 'n aktiwiteit wat gereeld deur 'n mens beoefen word vir genot en ontspanning, tipies tydens 'n mens se vrye tyd. Stokperdjies kan die versameling van sekere tema-items en voorwerpe insluit, die betrokke raak by kreatiewe en artistieke uitdagings, om sport te speel, of die voortsetting van ander vermaak. Die lys van stokperdjies is 'n lang lys en verander gereeld, soos belangstellings en modes verander. Deur 'n spesifieke stokperdjie voortdurend te beoefen, bekom iemand aansienlike vaardighede en kennis op daardie gebied.

Betrokkenheid by stokperdjies het toegeneem sedert die laat negentiende eeu toe werkers oor meer vrye tyd beskik het, en die vordering in tegnologie meer tyd vir ontspanning gelaat het. Stokperdjies is geneig om tendense te volg in die samelewing, byvoorbeeld was seëlversameling gewild gedurende die 19de en 20ste eeue want posstelsels was die belangrikste middel van kommunikasie, terwyl bv. videospeletjies meer gewild is deesdae, as gevolg van tegnologiese vooruitgang.

Die skryf van artikels op Wikipedia is 'n stokperdjie vir sommige mense.

Previous Page Next Page






هواية Arabic হবি AS Hobbi AZ Huobis BAT-SMG Хобі BE Хоби Bulgarian শখ Bengali/Bangla Hobi BS Afició Catalan Hobby Czech

Responsive image

Responsive image