Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Steppe

Die steppe-streke.
Steppe in Kazachstan – die begin van die lente.

’n Steppe, van die Russiese woord Степь (step) vir ’n onbeboude of boomlose vlakte, is ’n landskap waar net kort gras groei. Dit kom voor in gebiede waar agt tot nege maande van die jaar droogte heers en waar geen bome groei nie weens die min reën. As dit wel reën, word die gras groen en kom daar skielik kruidagtige klein struike op. ’n Steppe kan ook ’n halfwoestyn wees, maar is meer dikwels begroei met gras en struike.

Op ’n steppe kan die temperatuur wissel tussen 40 °C in die somer en -40 °C in die winter. Ook tussen dag en nag heers groot temperatuurverskille: In die hooglande van Mongolië kan die temperatuur bedags tot 30 °C styg en snags benede die vriespunt daal.

Die grootste steppegebied ter wêreld is geleë in Sentraal-Rusland en in sy buurrepublieke in Sentraal-Asië. Sentraal-Anatolië in Turkye en die prêrie in die VSA is ook steppes. Die Russiese komponis Alexander Borodin het ’n simfoniese gedig oor die steppe geskryf, In die steppe van Sentraal-Asië.



Previous Page Next Page






Estepa (bioma) AN سهب Arabic Estepa AST Çöl AZ چؤل AZB Дала BA Стэп BE Стэп BE-X-OLD Степ Bulgarian स्टेप BH

Responsive image

Responsive image