| |||||
Nasionale leuse: Fa'avae i le Atua Sāmoa (Samoaans vir: "Samoa is gegrond op God") | |||||
Volkslied: O le fuʻa o le saʻolotoga o Samoa (Samoaans vir: "Die vaandel van vryheid") | |||||
Hoofstad | Apia | ||||
Grootste stad | Apia | ||||
Amptelike tale | Samoaans en Engels | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike republiek Va'aletoa Sualauvi II Naomi Mataʻafa | ||||
Onafhanklikheid | 28 Oktober 1960 1 Januarie 1962[1] | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
2 842 km2 (167ste) 1 097 myl2 0,3 | ||||
Bevolking - 2016-sensus - Digtheid |
195 843[2] 68 / km2 (144ste) 176,1 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2020-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2020-skatting | ||||
MOI (2018) | 0,707[4] (111ste) – hoog | ||||
Gini (2013) | 38,7[5] – medium | ||||
Geldeenheid | Tala (WST )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
(UTC+13) (UTC+14) | ||||
Internet-TLD | .ws | ||||
Skakelkode | +685 | ||||
a. Staatshoof |
Samoa (Samoaans: Sāmoa, [ˌsaːˈmoa]; Engels: [səˈmoʊə]), amptelik die Onafhanklike Staat Samoa (Samoaans: Malo Sa'oloto Tuto'atasi o Sāmoa; Engels: Independent State of Samoa), tot op 4 Julie 1997 amptelik Wes-Samoa (Engels: Western Samoa), is 'n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië met 'n oppervlakte van 2 842 km² en 'n bevolking van 195 843 in 2016.
Samoa is in die ooste van Wallis en Futuna, in die suidooste van Tuvalu, in die suide van Tokelau, in die weste van Amerikaans-Samoa en in die noorde van Tonga geleë. Die hoofstad en grootste stad is Apia. Samoa vorm saam met die eilandgebied Amerikaans-Samoa die Samoa-eilande.[6]
Die westelike deel van Samoa het as gevolg van die Verdrag van Berlyn in 1889 'n Duitse kolonie geword, terwyl die oostelike deel 'n Amerikaanse kolonie geword het. Tydens die Eerste Wêreldoorlog is Duits-Samoa deur Nieu-Seeland beset en het ná die wapenstilstand van die Duitse Keiserryk 'n Volkebondmandaat van Nieu-Seeland geword. Op 1 Januarie 1962 het Wes-Samoa van Nieu-Seeland sy onafhanklikheid verkry. Samoa is 'n unitêre parlementêre grondwetlike republiek binne die Britse Statebond met die O le Ao o le Malo ("Opperhoof van die Regering") as staatshoof.