Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
'n Sakeplan of ondernemingsplan is die bloudruk van 'n onderneming en dit funskioneer soos 'n "padkaart" om die eienaar(s) te wys waarheen die onderneming gaan.
'n Sakeplan bring ál die belangrike inligting oor die onderneming bymekaar. Die inligting word logies neergeskryf sodat elkeen wat daarmee moet werk dit maklik kan verstaan. Dit moet realistiese en bereikbare doelwitte bevat en wys hoe die bestuurder beplan om 'n sakegeleentheid te benut.