Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Palataal

'n Palataal (Latyn palatum, verhemelte) is 'n klank gevorm met die blad van die tong by die harde verhemelte. Die byvoeglike naamwoord van "palataal" is "palataal".

Die harde medeklinker k in Afrikaans is geen palataal, maar 'n velaar. Die effens meer voor in die mond gerealiseerde tipies Afrikaanse diminutief -tj- in blommetjie en potjie is wel 'n egte palataal. As 'n nie-palataal in 'n palataal verander, word dit palatalisasie genoem.

Die -tj- in die anlaut soos by tjoepstil en tjank is 'n palato-alveolêre affrikatief.


Previous Page Next Page