Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Oligopolie

Die woord oligopolie kom van die Griekse woord oligoi, wat "min" beteken, en polein, wat "verkoop" beteken. Onder oligopolie word die mark deur 'n paar groot firmas oorheers. Wanneer daar slegs twee firmas in die bedryf is, word dit 'n duopolie genoem. Die produk kan homogeen wees (bv. staal en sement), maar dit is gewoonlik heterogeen (bv. motorvoertuie, sigarette, huishoudelike toestelle, elektroniese toerustig en huishoudelike skoonmaakmiddels). Wanneer die produk homogeen is, word die mark as 'n suiwer oligopolie beskryf, en wanneer die produk heterogeen (of gedifferensieerd) is, word die mark 'n gedifferensieerde oligopolie genoem. Oligopolie is die algemeenste markstruktuur in moderne ekonomieë. Wanneer mense van groot besigheid en van markmag praat, verwys hulle gewoonlik na oligopolieë (eerder as na suiwer monopolieë).


Previous Page Next Page






احتكار القلة Arabic Oliqopoliya AZ Алігаполія BE Олигопол Bulgarian Oligopoli Catalan Oligopol Czech Oligopoli CY Oligopol Danish Oligopol German Oligopoly English

Responsive image

Responsive image