Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Holotipe

Holotipe vir Marocaster coronatus

’n Holotipe is ’n enkele fisieke voorbeeld van ’n organisme wat gebruik word wanneer die spesie (of takson met ’n laer rang) amptelik beskryf word. Dit is óf die enigste fisieke voorbeeld óf een van verskeie, maar dit word duidelik aangedui as die holotipe. ’n Isotipe is ’n duplikaat van die holotipe.

Die ideaal is dat die holotipe tipies van die takson is, maar dit is nie noodwendig nie. Soms is net ’n deel van ’n organisme die holotipe, soos in die geval van ’n fossiel. Die holotipe van Pelorosaurus humerocristatus, ’n groot dinosourus uit die Jura-periode, is byvoorbeeld ’n fossiele been in die Natuurhistoriese Museum in Londen.

Selfs as ’n beter voorbeeld van die spesie gevind word, behou die holotipe sy status.


Previous Page Next Page






نموذج نوعي Arabic Холотип Bulgarian Holotip BS Holotip Catalan Holotyp Czech Holotype English Holotipo EO Holotipo Spanish گونه‌نام FA Holotyyppi Finnish

Responsive image

Responsive image