Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Enya

Enya
GeboortenaamEithne Patricia Ní Bhraonáin
Gebore17 Mei 1961 (1961-05-17)
Gweedore, County Donegal, Ierland
GenresNuwe Era, instrumenteel, pop
Beroep(e)Sangeres, instrumentalis, komponis, uitgewer
Jare aktief1982 — hede
EtiketteWarner Music
AssosiasiesClannad
Webwerfwww.enya.com

Enya, gebore 17 Mei 1961 as Eithne Patricia Ní Bhraonáin (IPA: /ˈɛnʲə pəˈtrɪʃə nʲiː ˈvˠɾˠiːn̪ˠaːnʲ/) in Gweedore, County Donegal, Ierland, soms in die media bekendgestel as Enya Brennan, is 'n viervuldige Grammy-wenner as sangeres, en Ierland se topverkopersolokunstenaar. Sy sing in Engels sowel as Iers-Gaelies, en soms gebruik sy net basiese stemme en lettergrepe, met geen noodwendige betekenisse. Die gelyknamige groep Enya bestaan eintlik uit drie kunstenaars: Enya self (Eithne Ní Bhráonain), Roma Ryan (liriekestryfster) en Nicky Ryan (produseerder). Enya Brennan is 'n fonetiese benadering van hoe haar Keltiese naam Eithne Ní Bhráonain uitgespreek word.

Enya het in 1980 by die musiekgroep Clannad aangesluit. Van die lede was haar susters Máire Brennan en Moya Brennan, en broers Pól en Ciarán Brennan. Sy het die groep verlaat kort voordat Clannad beroemdheid verwerf het met Theme from Harry's Game in 1982. Haar eie groot deurbraak het in 1988 gekom met die treffer "Orinoco Flow".

Sy gebruik 'n aantal tale in haar musiek, waaronder Iers-Gaelies, Spaans, Latyn en Engels. Hoewel sy 'n Grammy-toekenning onder die kategorie "Nuwe Era" gewen het, klassifiseer sy nie haar musiek as sulks nie.

Enya het in 2001 die lied "May It Be", wat spesiaal gemaak is vir die aftiteling van die film The Lord of the Rings: The Fellowship of the Ring. In 2006 het sy na Nederland gegaan om op te tree in die TV-program Max & Catherine, waar sy 'n toekenning ontvang omdat sy een miljoen albums in Nederland verkoop het.

Wêreldwyd het Enya al meer as 50 miljoen albums verkoop.


Previous Page Next Page






Enya AN إنيا Arabic انيا (مغنيه) ARZ Enya AST Enya AV Enya AZ انیا AZB Энія BE Еня Bulgarian Enya BR

Responsive image

Responsive image