Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Dorsmasjien

Voorbeeld van 'n dorsmasjien

'n Dorsmasjien in werking is 'n indrukwekkende gesig: die graan word gerfsgewyse aan die bokant gevoer, en reeds na 'n kort rukkie blaas die ratelende kolos uitgedorste strooi by die een kant uit, terwyl die korrels aan die ander kant in ʼn bestendige stroom in sakke vloei. Ratte draai, stawe beweeg op en neer, en in die ingewande van die masjien beweeg die skudsiwwe heen en weer.

'n Blaastoestel blaas die strooi uit aan die agterkant, terwyl stof en onkruidsaad onder die masjien ophoop. Soms word die strooi onmiddellik na 'n tweede, minder lawaaierige masjien gevoer, wat dit pers en baal; baie dorsmasjiene doen ook hierdie werk self. Wanneer die son skyn, kan die stofwolke wat oor die masjien opstyg, duidelik waargeneem word: dorsery is inderdaad 'n “dorstige" werk. Die drywer van 'n oesdorster het dit heelwat makliker, want dis nie vir hom nodig om die masjien met gerwe te voer nie.

Aangesien die dorsery op die oesland plaasvind, is dit ook nie so 'n stowwerige proses nie. 'n Oesdorster is ʼn volkome outomatiese masjien: dit sny die graan, voer dit aan die dorsmasjien, versamel die korrels, en blaas die strooi weer agter uit.

Dorsmasjiene was tot redelik onlangs nog ʼn algemene gesig in die graanstreke van ons land. Van buite lyk die dorsmasjien soos ʼn groot hout- of blikkas op wiele. Aan weerskante is daar, op dieselfde hoogte as die dorstrommel, dryfratte wat met behulp van dryfbande deur ʼn motor gedraai word. Die ratte bring nie net die dorstrommel in beweging nie, maar deur middel van verskillende skyfmeganismes ook die ander bewegende dele van die masjien (skudsiwwe, blaastoestelle, ens.). Die platform bo-op die masjien het ʼn opening waardeur die losgesnyde gerwe na die dorstrommel gevoer word. Die uitgedorste strooi word links uitgeblaas.


Previous Page Next Page






دراسة (آلة) Arabic Малатарня BE Малатарня BE-X-OLD Ventadora Catalan Mlátička Czech Draszmaszina CSB Tærskeværk Danish Dreschmaschine German Patoz DIQ Αλωνιστική μηχανή Greek

Responsive image

Responsive image