Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Divisionisme

Charles Blanc se kleurwiel wat 'n groot invloed op Divisionisme gehad het

Divisionisme (ook genoem chromoluminarisme) was die kenmerkende styl van Neo-Impressionistiese skilderkuns, gedefinieer deur die verdeling van kleure in individuele spikkels of blokkies wat opties op mekaar ingewerk het.[1][2] Van die bekendste kunstenaars van divisionisme is die baron Vittore Grubicy de Dragon, wat lank in Lierna aan die Comomeer gebly het vir sy artistieke navorsing.

Deur van die kyker te vereis om die kleure opties te kombineer in plaas daarvan om die pigmente fisies te meng, het die Divisioniste geglo dat hulle die maksimum liggewendheid (luminositeit) wetenskaplik moontlik sou verkry. Georges Seurat het die styl rondom1884 as chromoluminarisme ontwikkel, gebaseer op sy begrip van die wetenskaplike teorieë van onder andere Michel Eugène Chevreul, Ogden Rood en Charles Blanc. Divisionisme en Pointillisme, 'n ander styl, het terselfdertyd ontwikkel. Laasgenoemde is spesifiek deur die gebruik van kolletjies verf gekenmerk en fokus nie noodwendig op die skeiding van kleure nie.[1][3]

  1. 1,0 1,1 Tosini, Aurora Scotti, "Divisionism", Grove Art Online, Oxford Art Online.
  2. Homer, William I. Seurat and the Science of Painting.
  3. Ratliff, Floyd.

Previous Page Next Page






تقسيمية Arabic التقسيميه ARZ Divizionismus Czech Divisionism English Dividismo EO Divisionismo Spanish تفکیک‌گری FA Divisionnisme French Դիվիզիոնիզմ HY Divisionismo Italian

Responsive image

Responsive image