| |||||
Nasionale leuse: A United and Strong Africa (Engels vir: "'n Verenigde en sterk Afrika") | |||||
Volkslied: Let Us All Unite and Celebrate Together[1] (Engels vir: "Laat ons almal verenig en saam fees vier") | |||||
Hoofstad | Addis Abebaa Midrandb | ||||
Grootste stad | Lagos | ||||
Amptelike tale | Arabies, Engels, Frans, Portugees, Spaans en Swahili | ||||
Regering • Voorsitter van die vergadering
• Voorsitter van die kommissie • Parlementêre president |
Kontinentale unie Mohamed Ould Ghazouani Moussa Faki Fortune Z. Charumbira | ||||
Onafhanklikheid | 25 Mei 1963 3 Junie 1991 9 September 1999 9 Julie 2002 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
29 922 059 km2 (-) 11 552 972 myl2 - | ||||
Bevolking - 2020-skatting - Digtheid |
1 321 000 000 (-) 40,94 / km2 (-) 106,04 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2020-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2014-skatting | ||||
Geldeenheid | 43 geldeenheide (- )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
(UTC-1 tot +4) nie toegepas nie (UTC-1 tot +4) | ||||
Internet-TLD | .africac | ||||
Skakelkode | +58 kodes | ||||
a Setel van die Afrika-unie se kommissie b Setel van die Pan-Afrika Parlement c Voorgestel. |
Die Afrika-unie (AU in Engels en UA in ander amptelike tale; Arabies: الاتحاد الأفريقي, Engels: African Union, Frans: Union africaine, Portugees: União Africana, Spaans: Unión Africana, Swahili: Umoja wa Afrika[3]) is 'n internasionale organisasie van 55 Afrika-lande.[4] Die hoofstad van die Afrika-unie is Addis Abeba in Ethiopië en die Pan-Afrika Parlement is in Midrand in Suid-Afrika geleë. Die AU se voorganger is die Organisasie vir Afrika-eenheid (OAE) wat op 9 Julie 2002 deur die AU vervang is.[5] Die de facto amptelike tale is Arabies, Engels, Frans, Portugees, Spaans en Swahili, terwyl de jure elke taal van Afrika amptelik is.[6] Sedert Marokko se terugkeer op 30 Januarie 2017 is elke Afrikaland lid van die AU, insluitende die omstrede Arabiese Demokratiese Republiek Sahara.[7][8]