Wi-Fi Protected Access

Wi-Fi Protected Access (WPA en WPA2) is 'n sertifiseringsprogram wat deur die Wi-Fi Alliance bestuur word om aan te dui dat daar voldoen word aan die sekuriteitsprotokol wat deur die Wi-Fi Alliance geskep is om draadlose rekenaarnetwerke te beveilig teen indringing. Hierdie protokol is geskep in reaksie op verskeie ernstige gebreke wat in die vorige stelsel, WEP, gevind is. Hierdie protokol implementeer die meeste van die aanbevelings in die IEEE 802.11i-2004 standaard en was bedoel as 'n tussentydse stap om die plek te neem van WEP terwyl 802.11i in voorbereiding was. Die protokol is spesifiek daarop ontwerp om ook te werk met draadlose netwerkkaarte wat voor die bekendstelling van WPA gebou is (deur middel van fermware-opgraderings), maar nie noodwendig op eerste generasie draadlose toegangspunte (Wireless Access Point) nie. Die WPA2 sertifiseringsmerk dui daarop dat 'n gevorderde protokol geïmplementeer is wat die volle standaard implementeer. Hierdie protokol sal nie met ouer netwerkkaarte versoenbaar wees nie.

Produkte wat suksesvol deur die Wi-Fi Alliance getoets is, mag die Wi-Fi Protected Access sertifiseringsmerk dra. WPA is bedoel om versoenbaar te wees met ouer asook die nuwer standaarde.[1]

  1. "Wi-Fi Protected Access White Paper". Wi-Fi Alliance (in Japannees). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2008. Besoek op 14 Augustus 2008.

Wi-Fi Protected Access

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne