Ribbekas | ||
Inligting en eksterne bronne | ||
Die menslike ribbekas. (Bron: Gray's Anatomy of the Human Body, 20ste uitg., 1918.) | ||
Afbeelding op die ribbekas van die hart, longe en middelrif. Die grys dele dui die pleurale openinge aan wat nie deur die longe beslaan word nie. | ||
Inligting | ||
Latyn | cavea thoracis | |
Ligging | Bors | |
Werking | Beskerm organe soos die hart en longe Help met asemhaling Bied vashegplek vir spiere | |
Eksterne bronne | ||
MeSH | D000070602 | |
FMA | 7480 |
Die ribbekas is die rangskikking van die ribbes (of ribbe; enkelvoud: rib), wat in die bors van die meeste Gewerweldes aan die werwelkolom en borsbeen geheg is. Dit omsluit en beskerm die hart en longe. In mense is die ribbekas ’n beenagtige en kraakbeenagtige struktuur wat die borsholte omring en die skouergordel ondersteun; so vorm dit die kerndeel van die menslike skelet. ’n Tipiese menslike ribbekas bestaan uit 24 ribbes in 12 pare, die borsbeen en ensiforme kraakbeen, die ribkraakbeen en die 12 borswerwels.
Saam met die vel en verwante bande en spiere vorm die ribbekas die borswand en verskaf dit vashegplek vir die spiere van die nek, keel, boonste abdomen en rug. Die ribbekas speel ook ’n belangrike rol in die asemhalingstelsel.