Ligbreking

Refraksie van lig by die koppelvlak tussen die twee mediums met verskillende brekingsindekse, waar n2 > n1. Omrede die spoed van lug laer is in die tweede medium (v2 < v1), sal die hoek van refraksie θ2 kleiner wees as die invalshoek θ1; dus die straal in die hoër-indeks medium is nader aan die normaal.

Ligbreking, is die verandering, ligbuiging, ligbreking of refraksie in die voortplantingsrigting van 'n energiegolf (in hierdie geval 'n liggolf) wanneer dit sydelings (nie loodreg nie) deur die oppervlak tussen twee mediums beweeg, een medium met 'n sekere digtheid (byvoorbeeld lug) en 'n ander medium van verskillende digtheid (byvoorbeeld glas).

Dus ligbreking (refraksie) vind altyd plaas wanneer lig van 'n stof met 'n bepaalde digtheid na 'n ander stof met 'n ander digtheid beweeg.

Die refraksie van 'n liggolf vind plaas op die grens (koppelvlak) tussen die twee mediums, dit wil sê die vlak waar die glas en die lug aan mekaar raak. Die snelheid waarteen 'n liggolf beweeg, word beïnvloed deur die digtheid van die medium waarin die liggolf beweeg.


Ligbreking

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne