Karakum

Die Karakum-woestyn (NASA World Wind-beeld)
Die dorre landskap van Karakum

Karakum (dikwels ook Kara-Kum; Russies: Каракумы; Turkmeens: Garagum; Oesbekies: Qoraqum; letterlik Swart Sand) is 'n woestyn in Sentraal-Asië wat saam met die aangrensende Kyzylkum-woestyn die grootste deel van die sentrale Turan-vlakte in Turkmenistan dek.

Die Karakum-woestyn, wat wes van die Amoedarja-rivier geleë is, omvat sowat negentig persent van die Turkmeense staatsgebied. Net 'n klein deel van sy oppervlakte van meer as 400 000 km² is in die noordelike buurland Oesbekistan geleë. Die uiters dorre woestynomgewing, waar reënval dikwels net een keer in 'n dekade voorkom, is met een inwoner per 6,5 km² yl bevolk. In 1950 is met die bou van die Karakum-kanaal begin wat oor 'n afstand van 1 445 km² deur die suidelike deel loop en as een van die grootste besproeiingsprojekte beskou word wat ooit aangepak is. Die kanaal word deur die Amoedarja gevoed en voorsien die oasebewoners van Turkmenistan van water.


Karakum

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne