Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Tyd van Beroeringe

Koezma Minin vra die mense van Nizjni Nowgorod om ’n vrywilligerleër op die been te bring teen die Pole.

Die Tyd van Beroeringe of Tyd van Troebele (Russies: Смутное время, Smoetnoje wremja; Engels: Time of Troubles) was ’n tydperk in die Russiese geskiedenis tussen die dood van die laaste tsaar van die Rjoerik-dinastie, Fjodor I, in 1598 en die stigting van die Romanof-dinastie in 1613. In dié tyd is Rusland beset deur die Pools-Litause Gemenebes en het dit gebuk gegaan onder burgeroorloë en mense wat valslik op die troon aanspraak gemaak het.


Previous Page Next Page