Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Thule

’n Seël van Groenland uit 1936, met die naam “Thule”.

Thule (Grieks: Θούλη, Thoúlē; Latyn: Thule, Tile) was die heel noordelikste plek en is genoem in antieke Griekse en Romeinse letterkunde en kartografie.

In klassieke en Middeleeuse letterkunde het ultima Thule (Latyn vir "verste Thule") ’n metaforiese betekenis gekry van enige verafgeleë plek “buite die grense van die bekende wêreld”. [1]

Teen die laat Middeleeue en vroeë moderne era is die naam dikwels verbind met die regte Ysland of Groenland. Soms was Ultima Thule ’n Latynse naam vir Groenland terwyl die naam Thule vir Ysland gebruik is.[2] Teen die laat 19de eeu is Thule egter dikwels met Noorweë vereenselwig.[3]

In sterrekunde is Ultima Thule die bynaam van die trans-Neptunus-voorwerp (486958) 2014 MU69, wat op 1 Januarie 2019 deur die ruimtetuig New Horizons bereik is. Dit is die verste voorwerp in die Sonnestelsel wat nog deur ’n ruimtetuig besoek is.

  1. Herrero, Nieves; Roseman, Sharon R. (2015). The Tourism Imaginary and Pilgrimages to the Edges of the World. Channel View Publications. p. 122.
  2. Charlton T. Lewis; Charles Short (1879). A Latin Dictionary. Oxford: Clarendon Press. Besoek op 5 April 2017.
  3. www.oxforddictionaries.com[dooie skakel]

Previous Page Next Page






Thule AN ثولي Arabic Thule BR Thule (mitologia) Catalan Dundas (lungsod) CEB Thule Czech Thule (mytologisk ø) Danish Thule (Mythos) German Θούλη Greek Thule English

Responsive image

Responsive image