Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Shipra

Shipra
शिपरा
Die Shri Ram-ghat aan die Shiprarivier in Ujjain.
Die Shri Ram-ghat aan die Shiprarivier in Ujjain.
Die Shri Ram-ghat aan die Shiprarivier in Ujjain.
Stroomgebied Vlag van Indië Indië
Oorsprong Shipra, Indië

Die Shipra, ook bekend as die Kshipra, is ’n rivier in Sentraal-Indië. Dit ontstaan in die noorde van die Dhar-distrik, vloei noord oor die Malwa-plato en sluit in die Mandsaoer-distrik by die Chambalrivier aan. Dit is een van die heilige riviere in Hindoeïsme. Die heilige stad Ujjain is aan sy oosteroewer geleë. Die godsdiensfees Kumbh Mela word elke 12 jaar op die stad se ghats (trappe) gehou. Daar is honderde Hindoetempels aan die rivier se oewers.

Shipra is ’n standhoudende rivier. Vroeër was daar baie water, maar deesdae hou die rivier vir ’n paar maande op met vloei ná die moeson.

Die naam "shipra" word in dié verband gebruik as ’n simbool van "reinheid" (van siel, liggaam, emosies, ens.) of "kuisheid".


Previous Page Next Page