Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Roofvis

'n Tiervis, let op die tande.
'n Barrakuda op soek na prooi.
'n Barrakuda met prooi.

'n Roofvis is 'n soort vis wat ander vis en lewendige diere in die water vreet. Hulle kom gewoonlik in soutwater in die oseane voor, maar daar is ook etlike spesies wat in varswater in die binneland voorkom, bv. die tiervis en die reënboogforel wat waterinsekte en ander goggas vreet.

Die populasie van groot roofvisse, soos die tuna, marlyn en swaardvisse is tans besig om sterk af te neem. As gevolg van menslike ontginning het getalle die afgelope 50 jaar met tot 90% gedaal. Die roofvisse verdwyn nie net nie, maar word ook al hoe kleiner, omdat hulle nie kans kry om aan te teel nie. Wetgewing wat vangste beperk en die aanlê van visparke kan help om te keer dat hierdie spesies nie heeltemal uitsterf nie.[1]

  1. Roofvisse word vinnig kleiner en skaarser[dooie skakel], Die Burger, 20 Mei 2003

Previous Page Next Page






سمك مفترس Arabic Peix depredador Catalan Rovfisk Danish Raubfisch German Predatory fish English Röövkala ET ماهی شکارگر FA Petokala Finnish Rüüvkala FIU-VRO Poisson carnassier French

Responsive image

Responsive image