Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Pietersielie

Pietersielie
Pietersielie blare en blomme
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. crispum
Binomiale naam
Petroselinum crispum
Sinonieme

Apium crispum Mill.
Apium petroselinum L.
Petroselinum hortense Hoffm.

Pietersielie (Petroselinum crispum) is 'n spesie van die genus Petroselinum in die familie Apiaceae, inheems aan die sentrale Middellandse Seestreek (die suide van Italië, Algerië, en Tunisië). Dit het egter dwarsoor die wêreld gevestig en word wyd verbou as 'n krui, spesery en as groente.

Waar dit as 'n tweejarige plant gekweek word, vorm dit in die eerste jaar reeds 'n roset van drieledige blaarstele 10-25 cm lank, met talle liggroen blaartjies 1-3 cm groot en 'n penwortel wat deur die winter as 'n voedselstoor funksioneer.

Pietersielie word algemeen gebruik in Midde-Oosterse, Europese en Amerikaanse kookkuns. Krullerige blaarpietersielie word dikwels as 'n versiering langs hoofgeregte gerangskik. In Sentraal- en Oos-Europa en die weste van Asië, word baie geregte bedien met vars gekapte pietersielie bo-oor gesprinkel. Wortelpietersielie is baie algemeen in die Sentrale en Oostelike Europese kookkuns, waar dit gebruik word as 'n versnapering of 'n groente in meeste soppe, bredies asook rys.


Previous Page Next Page






Petroselinum crispum AN بقدونس Arabic بقدونس ARZ Petroselinum crispum AST Dirrik cəfərisi AZ جعفری AZB Петрушка үләне BA Bädasui BAR Petroška BAT-SMG Parsley BCL

Responsive image

Responsive image