Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Perifere senuweestelsel

Die senuweestelsel.

Die perifere senuweestelsel is die deel van die senuweestelsel wat buite die sentrale senuweestelsel geleë is. Dit verskaf die verbindings van en na die organe en weefsel asook die sentrale stelsel.

Die perifere senuweestelsel word volgens funksie ingedeel in die outonome en die somatiese senuweestelsel. Dit bestaan uit 31 paar rugmurgsenuwees, 12 paar harsingsenuwees, 2 splankniese senuwees wat links en regs langs die werwelkolom voorkom en hul bybehorende senuweeselle wat buite die sentrale senuweestelsel lê. Hierdie senuwees besenu onder meer spiere, organe en ledemate.


Previous Page Next Page