Opel AG | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 21 Januarie 1862 |
Stigter(s) | Adam Opel |
Hoofkantoor | Rüsselsheim, Hesse, Duitsland |
Sleutelpersone | Dr. Karl-Thomas Neumann Hoof Uitvoerende Beampte[1] |
Gebied bedien | Afrika, Asië, Europa |
Industrie | Motorvervaardiger |
Produkte | Motors, handelsvoertuie, enjins |
Dienste | finansiering, assuransie, onderhoudsdiens |
Inkomste | $ 14.886 miljard (2011)[2] |
Werknemers | 35,428 (2013)[3] |
Moedermaatskappy | Groupe PSA |
Divisies | Opel Performance Center[4] |
Dogter- maatskappye | Vauxhall Motors Opel Eisenach Opel Special Vehicles [5] |
Webwerf | opel.com |
[3][5] |
Opel (amptelik "Adam Opel AG") is 'n Duitse motorvervaardiger met sy hoofkwartier in Rüsselsheim, Hesse, Duitsland, en 'n filiaal van Groupe PSA. Die maatskappy ontwerp, ontwikkel, vervaardig en versprei Opel-handelsmerk passasiersvoertuie, ligte kommersiële voertuie en motoronderdele vir verspreiding na Afrika, Asië, Europa en Suid-Amerika. Opelvoertuie word ook verkoop onder die handelsnaam Buick in die Verenigde State van Amerika, Kanada, Meksiko en China, die handelsnaam Holden in Australië en Nieu-Seeland en die handelsnaam Vauxhall in die Verenigde Koninkryk.
Opel se wortels dateer terug na 'n firma wat naaimasjiene vervaardig het, wat deur Adam Opel in 1862 gestig is. Die maatskappy het fietse begin vervaardiging in 1886 en sy eerste motor volg in 1899.
Opel word 'n beperkte aandelemaatskappy (Duits: Aktiengesellschaft) in 1929; die Amerikaanse General Motors het 'n meerderheidsbelang in Opel bekom in dieselfde jaar. General Motors verkry volle beheer in 1931 en tot vandag toe is Adam Opel AG steeds 'n volfiliaal van die General Motors Company. Adam Opel AG is die moedermaatskappy van General Motors UK Limited, beter bekend as Vauxhall, en verskeie ander filiale van General Motors. Na 88 jaar van eienaarskap verkoop General Motors Opel aan die Franse motorvervaardiger Groupe PSA in 2017.[6]
Opel en Vauxhall se reekse is gedurende die 1970–80's gerasionaliseer in een omvattende reeks in Europa.
Sales: $14,886,400,000
To remind us of all these numbers and provide new interesting information on the Astra OPC, Opel had the boss of its OPC performance division, Volker Strycek, talk us through the most important features of the hot Astra.