Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Noord-Sentineleiland

Noord-Sentineleiland
'n Foto deur Nasa uit 2009 van die eiland. Die beskermende ring koraalriwwe kan duidelik gesien word.
'n Foto deur Nasa uit 2009 van die eiland. Die beskermende ring koraalriwwe kan duidelik gesien word.
Geografie

Ligging Golf van Bengale

Argipel Andamaneilande[1]

Oppervlakte 59,67 km2

Administrasie
Vlag van Indië Indië

Demografie
Bevolking Sowat 40[2]

Bevolkingsgroepe Sentinelese

Noord-Sentineleiland is een van die lede van die Andamaneilande in die Golf van Bengale. Die groep sluit ook Suid-Sentineleiland in. Die noordelike eiland is die tuiste van die Sentinelese, wat alle kontak met die buitewêreld beveg, soms met geweld. Hulle word beskou as een van die wêreld se geïsoleerde volke, wat basies onaangeraak deur die moderne beskawing is. Daarom is net beperkte inligting oor die eiland bekend.

In naam is die eiland deel van die distrik Suid-Andaman van die Indiese uniegebied Andaman- en Nicobar-eilande.[3] In die praktyk erken die Indiese regering die eilandbewoners se begeerte om alleen gelaat te word en monitor hulle net die eiland vanaf ’n afstand; die Sentinelese word selfs nie vervolg as hulle ander mense vermoor nie.[4][5] Die eiland kan dus beskou word as ’n soewereine gebied onder Indiese beskerming.

  1. Weber, George. "Chapter 8: The Tribes; Part 6. The Sentineli". The Andamanese (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2013. Besoek op 20 September 2018.
  2. Andaman and Nicobar Islands Census 2011
  3. "Village Code Directory: Andaman & Nicobar Islands" (PDF). Sensus van Indië. Besoek op 16 Januarie 2011.
  4. Foster, Peter (8 Februarie 2006). "Stone Age tribe kills fishermen who strayed onto island". The Telegraph (in Engels). Londen, VK. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020.
  5. Bonnett, Alastair: Off The Map, page 82. Carreg Aurum Press, 2014

Previous Page Next Page