Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Kaapse Dokter

"Tafeldoek" oor Tafelberg

Die Kaapse Dokter is 'n droë suidoostewind wat oor die Kaapse skiereiland waai vanaf lente tot laat somer (September tot Maart in die suidelike halfrond). Sonder hierdie wind sou die lugbesoedeling in Kaapstad en omgewing baie erg wees. Op warm, vogtige somerdae bring dit lafenis en veroorsaak die "tafeldoek" oor Tafelberg. Die wind hou vir ure, maar soms vir selfs dae aan. Snags neem dit egter af.

Tydens die lente en herfs kom die swart suidoos soms voor . Dit is 'n unieke weerverskynsel wat gepaard gaan met swaar reën en soms stormsterk winde. Dit is 'n kombinasie van weerstelsels met koue, vogtig lug vanuit die suide en warmer, vogtige lug vanuit die noorde wat mekaar ondersny en soms goeie reën tot gevolg het.

In die beginjare van die Kaapse nedersetting het die suidoostewind dikwels groot skade aan koringoeste berokken.[1]

  1. Was der Wind mit dem Alltag in Kapstadt macht, tagesspiegel.de

Previous Page Next Page






طبيب الرأس (رياح) Arabic केप डॉक्टर BH Kapdoktor German Cape Doctor English Cape Doctor Spanish Cape Doctor ET Cape Doctor IG Cape Doctor NN Cape doctor Polish Cape Doctor Swedish

Responsive image

Responsive image