Haliet | |
---|---|
Formule | NaCl |
Onsuiwerhede | I, Br, Fe, O |
Kleur | kleurloos, witagtig, geel, rooi, pers, blou |
Streep | wit |
Hardheid | 2,5 (Mohs) |
Digtheid | 2,168 g/cm3 |
Optiese eienskappe | |
Transparansie | deursigtig, deuskynend |
Dubbelbreking | isotroop |
RI-waardes | n = 1.5443 |
Kristallografie | |
Ruimtegroep | Fm3m |
Strukturbericht-kode | B1 |
Eenheidsel | a = 5.6404(1) Å |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Haliet (ook bekend as klipsout) is 'n mineraal met formule NaCl. Dit is die mineraalvorm van tafelsout. Die naam stam van Grieks άλς, sout, see. Die chemiese naam is natriumchloried.
Haliet is oplosbaar in water en kristalle word as evaporiete in soutmere gevind asook as soutkoepels in afsettingsgesteentes. Dit kan dalk ook deur sublimasie by 450-550 °C uit vulkaniese gasse gevorm word.[1]
Die mineraal is belangrik as grondstof vir vervaardiging van eetbare tafelsout en van chloor en natronloog. Ruwe haliet is nie veilig om te eet nie omdat dit skadelike onsuiwerhede kan bevat.