F-16 Fighting Falcon | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | General Dynamics Lockheed Martin |
Nooiensvlug | 20 Januarie 1974 |
Bekendstelling | 17 Augustus 1978 |
Status | In gebruik |
Hoofgebruikers | Amerikaanse Lugmag 25 andere |
Vervaardig | 1973-hede |
Aantal gebou | 4 604 (Junie 2018)[1] |
Eenheidskoste | F-16A/B: $14,6 miljoen (1998)[2] F-16C/D: $18,8 miljoen (1998)[2] |
Weergawes | General Dynamics F-16 VISTA Mitsubishi F-2 |
Die General Dynamics (nou Lockheed Martin) F-16 Fighting Falcon is 'n enkelmotorige veeldoelige vegvliegtuig wat oorspronklik vir die Amerikaanse Lugmag (USAF) deur General Dynamics ontwikkel is. Die vliegtuig is as 'n lugsuperioriteitsdagvegter ontwerp en tot 'n suksesvolle alle-weersomstandighede dag-of-nag veeldoelige vliegtuig ontwikkel. Meer as 4 600 vliegtuie is sedert 1976 gebou.[3]
Hoewel dit nie meer deur die Amerikaanse Lugmag aangekoop word nie, word verbeterde weergawes steeds gebou vir goedgekeurde uitvoerkliënte. In 1993 het General Dynamics sy vliegtuigvervaardigingsbesigheid aan die Lockheed Corporation verkoop,[4] wat op sy beurt deel van Lockheed Martin geword het na 'n samesmelting met Martin Marietta in 1995.[5]
Die Fighting Falcon het vele sleutelfunksies, waaronder 'n raamlose borrelkap vir beter sigbaarheid, sygemonteerde beheerstok om beheer te vergemaklik tydens maneuvers, 'n sitplek wat 30 grade terugslaan om die effek van g-kragte te verminder, en die eerste gebruik van 'n ontspanne statiese stabiliteit / elektroniese pulsvlugbeheerstelsel help om dit 'n ratse vliegtuig te maak. Die F-16 het interne M61 Vulcan-kanonne en 11 hegpunte vir wapens en ander toerusting op missies. Die F-16 se amptelike naam is "Fighting Falcon", maar "Viper" word algemeen deur die vlieëniers gebruik, omrede die vermeende ooreenkoms met 'n slang.
Bykomend tot aktiewe diens in die Amerikaanse Lugmag, Lugmag Reserwemag en die Nasionale lugwageenhede, word die vliegtuig ook gebruik deur die USAF se lugdemonstrasiespan, die Amerikaanse Lugmag Thunderbirds, en as 'n teenstander/aggressorvliegtuig vir opleiding in die Amerikaanse Vloot. Die F-16 dien ook in die lugmag van 25 ander lande.[6]