Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Flitspunt

Verbranding van 'n stof.

Die flitspunt of vlampunt van 'n chemiese stof is die laagste temperatuur waarby die stof genoeg damp afgee om te ontbrand wanneer dit in kontak kom met die suurstof van die lug en 'n ontstekingsbron.

Die flitspunt moet nie verwar word met die selfontbrandingstemperatuur nie. Hierdie temperatuur is die temperatuur waarby 'n damp/lug-mengsel spontaan sal ontbrand.

Die flitspunt is 'n aanduiding van hoe geredelik 'n vonk of gloeiende voorwerp 'n brand in teenwoordigheid van die stof sal laat ontstaan.


Previous Page Next Page