Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Dieretuin

Die "Tiergarten Schönbrunn" in Wene, is in 1752 gestig en is die oudste bestaande dieretuin ter wêreld.

'n Dieretuin is 'n plek waar 'n groot verskeidenheid spesies van diere aangehou word vir besoekers om te besigtig.

Hedendaagse dieretuine poog om nie slegs as 'n vermaaklikheidsbron te dien nie, maar ook om mense op te voed, vir navorsing, en om diere te beskerm. Baie dieretuine dien as sentrums waar skaars diere aangehou word indien hulle uitsterwing in die gesig staar. Moderne dieretuine probeer ook om hul diere natuurlik te laat leef, sodat hulle gesond kan wees en hulself natuurlik kan wees. Hierdie word vir die diere gedoen, maar ook sodat mense hulle kan sien asof hulle in natuur voorkom, en nie in 'n dieretuin nie.

In die verlede, maar ook soms vandag nog, is daar baie dieretuine wat nie soos die moderne tipe dieretuin was of is nie. Dáár word diere in baie swak toestande aangehou. Hulle word in klein hokke aangehou en raak gereeld en siek.


Previous Page Next Page






Zoo ALS حديقة حيوان Arabic جنينة حيوانات ARZ Zoolóxicu AST Zoopark AZ Зоопарк BA Заалагічны парк BE Заапарк BE-X-OLD Drèntin BEW Зоопарк Bulgarian

Responsive image

Responsive image