Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Chlamydia

Chlamydia
Klassifikasie en eksterne bronne
’n Papsmeer wat die bakterie C. trachomatis wys.
’n Papsmeer wat die bakterie C. trachomatis wys.
ICD-10 A55-A56
DiseasesDB 2384
MeSH D002689
Mediese waarskuwing

Chlamydia, of meer spesifiek ’n Chlamydia-infeksie, is ’n seksueel oordraagbare infeksie wat deur die bakterie Chlamydia trachomatis veroorsaak word.[1] Die meeste mense wat dit het, het geen simptome nie.[2] Wanneer simptome wel ontwikkel, kan dit ’n paar weke ná die infeksie gebeur.[2] Simptome in vroue kan insluit vog uit die vagina of ’n brandgevoel tydens urinering.[2] In mans kan simptome insluit vog uit die penis, ’n brandgevoel tydens urinering of pyn in en ’n geswel van een of albei testikels.[2] Die infeksie kan na die boonste genitale streek versprei en in vroue ’n inflammasie veroorsaak wat kan lei tot toekomstige onvrugbaarheid of buitebaarmoederlike swangerskap.[3] Herhaalde infeksies van die wat nie behandel word nie, kan lei tot tragoom, ’n algemene oorsaak van blindheid in die ontwikkelende wêreld.[4]

  1. "2014 Sexually Transmitted Diseases Surveillance Chlamydia" (in Engels). 17 November 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2018. Besoek op 10 Junie 2016.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 "Chlamydia - CDC Fact Sheet". CDC (in Engels). 19 Mei 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2020. Besoek op 10 Junie 2016.
  3. "2015 Sexually Transmitted Diseases Treatment Guidelines". CDC (in Engels). 4 Junie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Maart 2020. Besoek op 10 Junie 2016.
  4. "CDC - Trachoma, Hygiene-related Diseases, Healthy Water" (in Engels). Center For Disease Control. 28 Desember 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020. Besoek op 24 Julie 2015.

Previous Page Next Page