Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Campanile

Die campanile van die Sint-Markus-katedraal in Venesië (Italië)

'n Campanile is 'n vrystaande kloktoring wat deel uitmaak van 'n kerk of katedraal, maar nie self in die gebou geïntegreer is nie. Die woord is van Italiaanse afkoms en afgelei van campana ("klok"). Campaniles word veral in Italië aangetref sodat dié term veral met Italiaanse boukuns verbind word. Die bekendste voorbeelde van Italiaanse campaniles is die leunende toring van Pisa, die Markus-toring van Venesië en Giotto se campanile wat by die katedraal van Florence opgerig is.

Vrystaande kerktorings is ook 'n tipiese kenmerk van kerke in Litaue, met die katedraal Sint-Stanislaus in Vilnius as die mees bekende voorbeeld. Buite Italië is baie campaniles volgens die Venesiaanse Sint-Markus-katedraal ontwerp. Ook 'n bekende wêreldlike gebou, die Messeturm-wolkekrabber in Frankfurt am Main in Duitsland, is deur die argitekte H.R. Hiegel en Helmut Jahn in 1990 as 'n campanile-agtige konstruksie opgerig.


Previous Page Next Page






Кампаніла BE Кампаніла BE-X-OLD Kampanila Czech Kampanile Danish Campanile German Campanile English Kampanilo EO Campanile Spanish Kampaniil ET Kampaniili Finnish

Responsive image

Responsive image