Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Brugakkedis

Brugakkedis
Brugakkedis in Waikanae NZ
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Orde:
Rhynchocephalia (Sphenodontia)
Familie:
Sphenodontidae
Genus:
Sphenodon
Binomiale naam
Sphenodon punctatus
Gray (1842)

Die brugakkedis of toeatara (Sphenodon punctatus) is die enigste oorlewende soort van ʼn reptielorde wat al 200 miljoen jaar oud is. Teenswoordig word die brugakkedis nog net op ʼn twintigtal eilandjies in Nieu-Seeland aangetref. Wat sy bou betref, verskil die brugakkedis aansienlik van ander reptiele. ʼn Aantal van sy afwykende eienskappe word ook by amfibieë aangetref. Dikwels woon hulle in die gate wat die stormvoëls grawe. Die brugakkedis leef van ʼn groot verskeidenheid kleiner diertjies en soms ook van die gasheervoëls se kuikens. Brugakkedisse word vandag baie bedreig deur diere soos katte, wesels en rotte wat uit Europa ingevoer is. Die eerste gegewens oor die bestaan van die brugakkedis het Anderson, ʼn metgesel van die Engelse ontdekkingsreisiger James Cook, in Europa oorvertel. So het Anderson byvoorbeeld vertel van monsters wat 2.5 m lank was, mense aangeval en opgevreet het, en waarvoor die inwoners van Nieu-Seeland ʼn ontsettende vrees gehad het. In werklikheid is die maksimum lengte vir die wyfie sowat 50 cm en vir die mannetjie 60 cm.


Previous Page Next Page