Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Broers Grimm

Dubbelportret van die broers Wilhelm Grimm (links) en Jacob Grimm deur Elisabeth Maria Anna Jerichau-Baumann, 1855
Die titelblad van die eerste boekdeel van die Duitse Woordeboek (Deutsches Wörterbuch)

Jacob Grimm (1785-1863) en sy broer Wilhelm (1786-1859) was Duitse taal- en letterkundiges wat hulle lewe lank saamgewerk het en in die hele Westerse wêreld bekend geword het deur twee versamelings van volkssprokies wat tradisioneel mondeling oorgelewer is. Danksy hulle versamelwerk is sprokies soos Sneeuwitjie en Hansie en Grietjie vir die eerste keer skriftelik gedokumenteer. Die broers het hierdie versamelwerk as 'n stokperdjie gedoen en nooit verwag om daarmee kommersiële sukses te behaal nie.

Die broers, veral Jacob, het historiese taalkunde as hul eintlike vakgebied beskou en ʼn groot bydrae op die gebied van taalnavorsing gelewer. Al het die broers volgens die wens van hul vader in die regte gestudeer, het hulle uiteindelik navorsing oor die oorspronge van die Duitse taal as hul lewenswerk gedoen. Hulle word as die grondleggers van die Germanistiek as wetenskap van die Duitse taal en letterkunde beskou.


Previous Page Next Page