Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Boekbindery

’n Tradisionele boekbinder aan die werk.

Boekbindery is die samevoeging van gedrukte velle om ’n boek te vorm. Boeke is vroeër met die hand gebind, maar deesdae geskied dit meestal met behulp van ten volle outomatiese masjiene.[1][2][3] Die proses begin met die vou van die velle in katems, wat gewoonlik 8, maar tot 48, bladsye kan beval. Die gevoude katems word by die rugkant aan mekaar vasgewerk en daarna word die rande gelykgesny. Hierna word die rug ’n ronde vorm gegee en met gaas gelym. Die boekblok word dan in die band gehang. Wanneer die band uit karton bestaan, word daar van ’n gekartonneerde boek gepraat. Gebrosjeerde (ingenaaide) boeke word in die naaiproses van ’n papieromslag voorsien. Die bladsye van ’n slapbandboek word by die rugkant nie aan mekaar genaai nie maar gelym.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named 1982-ens-afr
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named isbn-0908409419
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named isbn-0908409443

Previous Page Next Page






تجليد Arabic Enquadernació Catalan Knihařství Czech Buchbinden German Βιβλιοδεσία Greek Bookbinding English Librobindado EO Encuadernación Spanish Köitmine ET Koadernaketa EU

Responsive image

Responsive image