Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Blackburn Buccaneer

Buccaneer
Buccaneer S.2B, RAF Mildenhall, 1988
Tipe Aanvalsvliegtuig
Vervaardiger Blackburn Aircraft Ltd
Hawker Siddeley
Nooiensvlug 30 April 1958
Vrygestel 17 Julie 1962
Onttrek 1993
Status Onttrek
Hoofgebruikers Britse Vloot
Britse Lugmag
Suid-Afrikaanse Lugmag

Die Blackburn Buccaneer was 'n vliegdekskipgebaseerde aanvalsvliegtuig wat in die 1950's ontwerp is, in staat om 'n atoombom onder die radardekking te vervoer.[1] Dit was 'n Britse lae-vlak subsoniese aanvalsvliegtuig wat in die Britse Vloot (Royal Navy) en later die Britse Lugmag (Royal Air Force) gedien het, tot sy uitdiensstelling in 1994. Dit is ontwerp en aanvanklik deur Blackburn Aircraft op Brough gebou, maar het later bekend gestaan as die Hawker Siddeley Buccaneer toe Blackburn 'n deel van die Hawker Siddeleygroep geword het.

Die Britse Vloot het oorspronklik die Buccaneer as 'n vlootaanvalsvliegtuig verkry, wat in staat was om vanaf hul vliegdekskepe te opereer. Die bekendstelling van hierdie tipe tuig in 1962 het vooruitgang wat deur die Sowjetvloot gemaak is, uitgebalanseer. Die Buccaneer was in staat tot die lewering van kernwapens asook konvensionele ammunisie vir teenskeepse oorlogvoering, en was tipies aktief in die Noord-Seegebied. Vroeg tydens die eerste produksievliegtuie se gebruik, het 'n reeks rampe plaasgevind weens onvoldoende enjinkrag, dus is die Buccaneer S.2 daarna met die kragtiger Rolls Royce Speyenjins toegerus.

'n Buccaneer S.1 by die 1962 Farnborough-lugskou; die teenflitswit-kleurskema was vir 'n kernaanvalsrol
  1. Jackson, Robert (2011). Aircraft from 1914 to the present day. p. 137. ISBN 978-1-907446-02-3.

Previous Page Next Page