Anna Stepanowna Politkofskaja А́нна Степа́новна Политко́вская | |
---|---|
Anna Politkofskaja in 2005.
| |
Gebore | Anna Stepanowna Mazepa 30 Augustus 1958, New York Stad |
Oorlede | 7 Oktober 2006, Moskou |
Beroep | Joernalis, skrywer |
Nasionaliteit | Oekraïense afkoms (Russiese en Amerikaanse burgerskap) |
Periode | 1982–2006 |
Onderwerpe | Politiek, persvryheid, menseregte, maatskaplike kwessies |
Bekende werke | Putin's Russia: Life in a Failing Democracy en ander |
Toekennings | Amnestie Internasionaal se Global Award for Human Rights Journalism (2001) en ander |
Anna Politkofskaja (Russies: А́нна Политко́вская; 1958–2006) was ’n Russiese joernalis, skrywer en menseregte-aktivis wat bekend was vir haar teenkanting teen die Tsjetsjniese konflik en die eertydse president Wladimir Poetin.[1] Op 7 Oktober 2006 is sy doodgeskiet in die hyser van haar woonstelblok, ’n onopgeloste[2] sluipmoord wat steeds internasionale belangstelling wek.[3][4]
Politkofskaja het bekend geword danksy haar beriggewing oor Tsjetsjnië.[5] Haar konstante stroom artikels ná 1999 oor toestande in Tsjetsjnië het later verskeie boeke geword wat meestal oorsee gepubliseer is. Russiese lesers het haar egter leer ken deur haar ondersoeke wat in die Russiese koerant Nowaja Gazeta gepubliseer is. Sedert 2000 het sy verskeie gesaghebbende internasionale toekennings vir haar werk ontvang.
In 2004 het sy ’n persoonlike siening van die Rusland onder Poetin gepubliseer met die naam Putin's Russia.[6]
Politkofskaja het ’n Amerikaanse paspoort gekry, maar nooit haar Russiese burgerskap prysgegee nie.[7]