Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


ASEAN

Vlag van die ASEAN
Seël van die ASEAN
Lidlande van die ASEAN
ASEAN+3 met Japan, Suid-Korea en die Volksrepubliek van Sjina
Lidlande van die ASEAN:
ASEAN Lidlande
ASEAN Waarnemerlande
ASEAN Kandidaatlande
ASEAN+3
Oos-Asiese Spitsberaad
ASEAN Streeksforum

ASEAN (Engels: Association of Southeast Asian Nations) is 'n internasionale organisasie van die lande in Suidoos-Asië. Die ASEAN is op 8 Augustus 1967 deur Thailand, Indonesië, Maleisië, die Filippyne en Singapoer in Bangkok, Thailand, gestig en het uit die voormalige ASE ontstaan.

Op 8 Januarie 1984 sluit Broenei, op 28 Julie 1995 Viëtnam, op 23 Julie 1997 Laos en Mianmar en op 30 April 1999 Kambodja by die ASEAN aan. Papoea-Nieu-Guinee is sedert 1984 en Oos-Timor sedert 2002 waarnemerlande. Op 1 Januarie 2010 is die vryhandelsone met Australië, Nieu-Seeland, Indië, Japan, Suid-Korea en die Volksrepubliek China gestig.


Previous Page Next Page