Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


18de eeu

Die 18de eeu het in die jaar 1701 'n aanvang geneem en teen die einde van die jaar 1800 ten einde geloop.

Die Kaap was vir die grootste deel van die 18de eeu 'n kolonie van Nederland.

Daar was enorme verskuiwings in hierdie eeu in die politiek, veral in die laaste dekade. Na die Franse Rewolusie van 1789 het Frankryk ontwikkel tot die mees aggressiewe mag: gelei deur Napoleon Bonaparte voer dit oorlog teen Rusland, Oostenryk, die Verenigde Koninkryk, Portugal, Napels en die Ottomaanse Ryk. Hierdie sterk strewe na uitbreiding kom aan die einde van 'n eeu wat 'n verlies aan Franse mag op die vasteland en in die kolonies gesien het. Die Verenigde Koninkryk het na vore getree as die sterkste moondheid in Europa, hoewel hierdie posisie nou deur Frankryk uitgedaag word. Die grootte van die Britse koloniale ryk het veral toegeneem (Met die Wes-Indiese Eilande en Kanada), ten spyte van die verlies van die nou onafhanklike Verenigde State. Oostenryk is, soos die Verenigde Koninkryk, een van die voorste en stoere teenstanders van revolusionêre Frankryk; die land het die afgelope eeu 'n groot rol gespeel in die stryd om Europese hegemonie. Die ander belangrike Duitse land, Pruise, bly afsydig van die Europese probleme. Die kolos in die ooste, Rusland, het sy grense verder weswaarts verskuif en speel vir die eerste keer in sy geskiedenis ’n beduidende rol in Europese politiek. Die lande Frankryk, die Verenigde Koninkryk, Oostenryk, Pruise en Rusland, definieer grootliks die politieke gesig van Europa in die agtiende eeu.

Daar is groot verloorders in hierdie eeu. Spanje, in die 17de eeu nog in besit van 'n magtige leër en uitgestrekte gebiede op die vasteland, is nou 'n dorre land in 'n afgeleë hoek van Europa. Swede se hegemonie in die noorde is heeltemal uitgewis sedert die rampspoedige oorloë van Karel XII. Die trotse onafhanklikheid van die Republiek van Sewe Provinsies is verlore: Nederland is nou 'n vasalstaat van Frankryk onder die naam Bataafse Republiek. Na byna 'n eeu van Oostenrykse heerskappy is die Suidelike Nederlande onder Franse heerskappy. In Suidoos-Europa moes die Ottomaanse Ryk verdere verliese aanvaar, en die land speel nouliks meer 'n rol in die kontinentale politiek.

In hierdie eeu het 'n globale ekonomie begin ontwikkel met Europa in die sentrum daarvan; hierdie kontinent, veral in die noordweste, is onvergelykbaar ryker as enige ander wêrelddeel. Die talle uitvindings en ontwikkelde tegnologie, wat 'n impak op die landbou en nywerheid het, stel baie Europeërs in staat om 'n groter greep op voorheen onbeïnvloedbare toestande te verkry.


Previous Page Next Page






18. Jahrhundert ALS 18ኛው ምዕተ ዓመት AM Sieglo XVIII AN القرن 18 Arabic القرن التمانتاشر ARZ Sieglu XVIII AST XVIII гӀасру AV 18-eafa decemda AVK XVIII əsr AZ ۱۸. یوز ایل AZB

Responsive image

Responsive image