Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Vrydag

Kaart wat die name vir Vrydag in Europese tale vertoon.

Vrydag is die weeksdag tussen Donderdag en Saterdag. Die naam is afkomstig van die Germaanse godin Frigg en beteken "Frigg se dag".

In meeste lande met 'n vyfdag-werksweek is Vrydag die laaste werksdag voor die naweek en word daarom na uitgesien as 'n rede vir viering of verligting. Die uitdrukking "TGIF" is 'n afkorting vir "Thank God it's Friday". Die frase is deur 'n fliek in die 1970's gewild gemaak, en is ook die inspirasie vir die restaurantgroep T.G.I. Friday's.

In Islam is Vrydag die dag van publieke aanbidding in moskees, sien Vrydaggebed. Die Islamitiese week begin wel steeds op 'n Sondag en eindig op 'n Saterdag, net soos die Joodse en Christelike week.

Die Joodse sabbat begin om sonsondergang op Vrydag en hou aan tot sonsondergang op Saterdag.

"Friday" was die naam van 'n kannibaal, wat die dienskneg van Robinson Crusoe geword het.

Cadbury het 'n sjokoladestafie bemark met die slagspreuk "Thank Crunchie it's Friday".

In baie kulture word Vrydag as rampspoedig gesien; sien Vrydag die 13de.


Previous Page Next Page






Ахәаша AB Freitag ALS ዓርብ AM Viernes AN Frīgedæg ANG सुक्कुर ANP الجمعة Arabic ܥܪܘܒܬܐ ARC جمعة ARY يوم الجمعه ARZ

Responsive image

Responsive image