Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Vervoer

Passasiers gaan aan boord van 'n vliegtuig
Stadsverkeer in Berkeley, Kalifornië
Laai van steenkool in die hawe van Amsterdam
Spoorvervoer in Innsbruck

Vervoer gaan oor die verskuiwing van mense en goedere van een geografiese ligging na 'n ander. Goedere kan verskeie dinge insluit soos byvoorbeeld lewende handel, kos, roumateriaal, verwerkte goedere ens. Logistiek is die wetenskap waarvolgens vervoer beplan en bedryf word. Die mens was oorspronklik aangewese om goedere te vervoer deur dit te dra, en het later die gebruik van diere soos perde, osse en kamele bemeester. Die volgende groot deurbraak vir die mens was die uitvinding van die wiel wat waens getrek deur diere verwesentlik het. Met meganisasie en die ontwikkeling van enjins is 'n dramatiese sprong aan die ontwikkeling van vervoer verskaf. Die terrein van vervoer het verskeie aspekte. Losweg val hulle onder die volgende onderwerpe: infrastruktuur, voertuie, werking en energiebronne.

Vervoermiddels is enige van die verskillende soorte vervoerfasiliteite wat gebruik word om mense of vrag te vervoer. Dit kan voertuie, rydiere en pakdiere insluit. Voertuie kan waens, motors, fietse, busse, treine, vragmotors, helikopters, watertuie, ruimtetuie en vliegtuie insluit.


Previous Page Next Page






Атранспорт AB Verkehr ALS ማጓጓዝ AM Transporte AN Isi-ije ANN نقل Arabic পৰিবহণ AS Tresporte AST Nəqliyyat AZ نقلیات AZB

Responsive image

Responsive image