Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Vaas

Neoklassieke vaas; ongeveer 1790; hoogte: 25,4 cm, breedte: 18,7 cm; Victoria en Albert Museum (Londen)

'n Vaas is 'n hol houer, gewoonlik hoog in verhouding tot sy horisontale deursnee. Dit word hoofsaaklik vir dekoratiewe doeleindes gebruik. Dit kan van 'n aantal materiale vervaardig word, soos keramiek, glas, nie-roesende metale, soos aluminium, koper, brons of vlekvryestaal. Selfs hout is gebruik om vase te maak, hetsy deur boomspesies te gebruik wat natuurlik teen vrot weerstand bied, soos kiaat, of deur 'n beskermende deklaag op konvensionele hout toe te pas. Vase word dikwels versier, en dit word gereeld gebruik om snyblomme te hou.

Vase het oor die algemeen 'n soortgelyke vorm. Die voet of basis kan bolvormig, plat, karinaat[1] wees of 'n ander vorm hê. Die liggaam vorm die hoofgedeelte van die stuk. Sommige vase het 'n skouer, waar die liggaam binnetoe buig, 'n nek wat hoogte gee, en 'n lip, waar die vaas weer buitetoe uitvlam. Sommige vase het ook handvatsels.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Cooper

Previous Page Next Page






مزهرية Arabic Vaza AZ Vaza BAT-SMG Ваза BE Ваза Bulgarian Váza Czech Vase Danish Vase German Vase English Vazo EO

Responsive image

Responsive image