Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Totempaal

Twee totempale in Thunderbird Park in Victoria, Brits-Columbië.

’n Totempaal is ’n monumentale beeld met simbole of figure wat uit hout gekerf is deur inheemse volke van die Pasifiese Noordweste van Noord-Amerika en Kanada. Die woord "totem" is afgelei van die woord dodaem in die inheemse Noord-Amerikaanse taal Ojibwe en beteken ’n gees, heilige voorwerp of simbool wat as embleem dien van ’n groep mense soos ’n familie, clan, lyn of stam.

Hulle kan ook funksionele argitektoniese voorwerpe wees, sowel as tekens vir besoekers aan dorpe, van afgestorwenes en om iemand in die openbaar te bespot. Kennis van ’n kultuur is gewoonlik nodig om die simboliek van die pale te verstaan.

Totempale is waarskynlik voorafgegaan deur ’n lang geskiedenis van dekoratiewe kerfwerk. Agttiende-eeuse ontdekkingsreisigers het die bestaan van dekoratiewe binnens- en buitenshuise pale van voor die 1800's aangeteken. Weens die gebrek aan doeltreffende gereedskap en tyd vir ontspanning het die pale nie voor die einde van die 18de of vroeë 19de eeu algemeen voorgekom nie. Danksy ’n hernieude belangstelling onder toeriste, versamelaars en geleerdes in die 1880's en 1890's is die oorblywende totempale versamel en gedokumenteer, maar teen 1901 is feitlik geen totempale meer gemaak nie. ’n Nuwe belangstelling het in die 20ste eeu ontstaan vanweë ’n herlewing in die kunsvorm, bykomende navorsing en steun van die publiek.


Previous Page Next Page






عمود رسم طوطمي Arabic Totempfoi BAR Wappenpfahl German Totem pole English Totema paliso EO تیرک خویشاوندی FA Toteemipaalu Finnish Mât totémique French עמוד טוטם HE Totem Croatian

Responsive image

Responsive image