Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Staat

'n Staatkundige kaart van die Wêreld

'n Staat is 'n organisasie wat gesag oor die bevolking binne 'n geografiese gebied uitoefen. Hulle verteenwoordig hierdie bevolking na buite en beskik oor magsmiddele ter verdediging van hul grondgebied en ook die handhawing van interne wet en orde.

'n Staat kan een van verskeie regeringsvorme hê, so is sommige state republieke en ander monargieë. Soms vorm 'n staat sy eie land. State kan ook saamwerk om 'n land te vorm, soos in die geval van die Verenigde State van Amerika.

Die meeste lande het hulle eie gewapende magte, staatsdiens, regbank en polisie. Dit gebeur soms dat 'n staat (gedwonge of vrywillig) sy mag aan 'n ander staat oordra, of dat state deur 'n federale of konfederale verband 'n deel van hul mag aan 'n oorkoepelende staat toevertrou.


Previous Page Next Page






Staat ALS አገር ግዛት AM Estau AN دولة Arabic ܐܬܪܐ ARC دولة ARY دوله ARZ Estáu AST Пачалихъ AV Dövlət AZ

Responsive image

Responsive image