Skouergordel

Menslike skouergordel.

Die skouergordel is die stel bene in die boonste deel van die skelet wat aan albei kante aan die arms verbind is. By mense bestaan dit aan elke kant uit ’n sleutelbeen voor en skouerblad agter; by die spesies met drie bene in die skouer bestaan dit uit die sleutelbeen, skouerblad en korakoïedbeen. Sommige soogdierspesies soos honde en perde het slegs ’n skouerblad.

Die skouergordel se funksie by boonste ledemate is soortgelyk aan die bekkengordel s'n by die onderste ledemate; die gordels is die dele wat die ledemate aan die skelet koppel.

By mense is die sternoklavikulêre of borsbeen-sleutelbeen-gewrigte aan elke kant die enigste ware (anatomiese) gewrigte tussen die skouergordel en die skelet. Geen anatomiese gewrigte bestaan tussen die skouerbene en ribbekas nie; in plaas daarvan laat die spierverbindings, of fisiologiese gewrigte, tussen die twee groot beweeglikheid van die skouergordel toe in vergelyking met die kompakte bekkengordel. Omdat die boonste ledemate gewoonlik nie gewig dra nie, is dit eerder beweeglik as stabiel. By die spesies wat slegs ’n skouerblad het, is daar slegs spiere tussen die borskas en die ledemate en geen gewrigte nie.


Skouergordel

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne