Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Skootrekenaar

'n Skootrekenaar

'n Skootrekenaar is 'n rekenaar wat maklik is om rond te dra. 'n Tipiese skootrekenaar kan met behulp van skarniere opgevou (toegeklap) word. Om dit te gebruik kan dit sommer op die skoot oopgeslaan en aangeskakel word. In die praktyk word skootrekenaars egter dikwels op 'n lessenaar of tafel geplaas voordat dit aangeskakel word.

'n Skootrekenaar het basies dieselfde komponente as 'n persoonlike rekenaar, maar is afgeskaal om dit kleiner te maak. Dit sluit in: 'n skerm, 'n sleutelbord, luidsprekers en 'n wystoestel (in plaas van 'n muis). Die skootrekenaar het batterye sodat dit mobiel (sonder direkte kragtoevoer) gebruik kan word. Die batterye hou gewoonlik nie lank nie en moet gereeld herlaai word. Anders as by persoonlike rekenaars, is die komponente van die skootrekenaar in 'n enkele (eenstuk) toestel verpak.

Die skootrekenaar kan ook deur middel van 'n koppelstasie aan eksterne komponente soos 'n muis, sleutelbord, skerm, 'n netwerk of 'n drukker gekoppel word. Indien die kragtoevoer aan die koppelstasie gekoppel is, laai die skootrekenaar se battery ook outomaties.

'n Netboek is 'n ligter (en dikwels goedkoper) tipe skootrekenaar.


Previous Page Next Page






ላፕቶፕ AM حاسوب محمول Arabic لاب توب ARZ Ordenador portátil AST ल्यापटप AWA Notbuk AZ Ноўтбук BE Kumputer tèngtèng BEW Преносим компютър Bulgarian लैपटाप BH

Responsive image

Responsive image